Fokusmoment: 12 Maart 2017

Calvyn was ’n stiefpa (hy het met ’n weduwee getrou, Idelette, wat twee kinders gehad het), maar hy het geen oorlewende kinders van sy eie gehad nie.

Sy enigste seun, Jacques, was vroeggebore en het net vir ʼn kort rukkie geleef.

Met sy vrou se dood het hy die volgende vir sy vriend, Viret geskryf:

“Ek is ontneem van die beste vriend van my lewe, van iemand wat, as dit bestem was om te gebeur, bereid sou wees om nie net in my armoede te deel nie, maar ook my dood. Gedurende haar lewe was sy die getroue helper van my bediening. Van haar het ek nooit die geringste verhindering beleef nie.”

Die Reformasie is gebore nie uit intellektuele denke nie, maar is gevorm deur die deurleefde geloof van die leiers van die Reformasie – soos wat Johannes Calvyn se storie vir ons wys.  Hulle het Soli Gratia in hulle eie lewe beleef…