Fokusmoment: 23 April 2017

 

Guido de Bres het die Nederlandse Geloofsbelydenis opgestel. In 1565 is De Bres vir sy Calvinistiese geloof gearresteer. Hy is voor die Spaanse Inkwisisie verhoor, het die doodstraf gekry en is gehang.

Hy het gesterf terwyl hy die skare voor hom toegespreek het. 12 dae voor sy dood het hy nog ’n brief aan sy vrou geskryf, waarin hy sy vertroue in God verwoord.