Fokusmoment: 6 Augustus 2017

Van  die Switserse reformator, Zwingli, se bekendste stellings is:

“Die Waarheid dra ’n gelukkige gesig”

“Om nie bevrees te wees nie, is die beste wapenrusting”

“Ons vertroue op Jesus Christus maak ons nie lui, agterlosig of onbetroubaar nie – inteendeel, dit maak ons bedag, moedig ons aan, laat ons doelgerig lewe, soos regverdiges, daarop gerig om goed te doen aan ander.  Daar is geen vorm van selfvertroue wat hiermee kan vergelyk nie.”

“As ons al hoe wyser en meer geleerd geraak in ons interaksie met wyse en geleerde mense, hoeveel te meer sal ons nie groei in ons innerlike lewe deur tyd met God in gebed te spandeer nie.”