Refo 500 Musiek

FLAM SKEP SPESIALE LIED VIR REFORMASIE

Hierdie FLAM lied (F580) is spesiaal geskryf en opgeneem met die oog op die viering van Reformasie 500. Dit is geskryf en word gesing deur Stefaans Burden.

Gebruik die volgende skakel na ‘n splinternuwe FLAM lied oor die Reformasie wat ons glo jou gemeente baie sal geniet om te leer sing in die viering van ons Reformasie: https://www.youtube.com/watch?v=oaC431Ko3YY

Die Reformasie-lied kan direk deur die oorhoofse projektor gespeel en gesing word in die erediens. Jy kan ook die PowerPoint en bladmusiek GRATIS aflaai by die volgende skakels: http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f580/

——————————–

NIE NET IETS OM OOR TE PREEK NIE, MAAR OOK VAN TE SING!

Die 500-jarige herdenking  van die begin van die Reformasie het die hele Protestantse kerk in rep en roer!  Daar is egter nie baie bestaande liedere wat dit vir gemeentes moontlik maak om oor die groot geleentheid te sing nie.

Juis daarom het VONKK (Voortgesette Ontwikkeling van Nuwe Klassieke Kerkmusiek) spesiaal ‘n lied geskep wat die tradisionele 5 sola’s van die Reformasie in een lied, VONKK 341 bymekaar bring.  Op die bekende en gewilde melodie van Maarten Luther, “’n Vaste burg is onse God” word die Sola Scriptura, Sola Gratia, Sola Fide, Solus Christus en Soli Deo Gloria vars in die mond van die gemeente geplaas.

Die VONKK-werkgroep wil graag GRATIS vir alle gemeentes die geleentheid gee om tydens die feesjaar hierdie aangrypende lied te kan sing. Kliek slegs op die volgende skakel: KLIK HIER waar jy die volgende leêrs van VONKK 341 gratis kan aflaai:

  • die melodielyn (ML) met akkoorde
  • die orrelbegeleiding (OB)
  • kantory/koorverwerkings (KV) van die lied
  • musikale en instrumentale verrykings (MV) by die lied
  • die Power Point (PP)
  • asook die pragtige Engelse vertaling (TK) van die teks

Vir die VONKK-werkgroep is dit belangrik dat daar voortdurend steeds gewerk word aan nuwe kerkliedere – ook in ‘n meer tradisionele styl.  Ons glo in ‘n God glo wat nooit finaal en volledig onder woorde (of note) gebring kan word nie.  Juis daarom moet daar konstant gewerk word aan liedere in verskillende style wat lidmate hulle geloof opnuut op hulle lippe sal laat neem.  Dit is die doelstelling van VONKK.

Gemeentes wat nog nie met ‘n VONKK-lisensie ingeteken is nie, kan bloot Christian Copyright Licensing International (CCLI) se kantore by 021 914 8908 kontak en aansoek doen vir ‘n VONKK-lisensie.  Die koste per gemeente beloop slegs R350 per jaar.  Daardie registrasie gee gemeentes dan op VONKK se webwerf http://eshop.bybelmedia.org.za/?email_id=143&user_id=1&urlpassed=aHR0cDovL3d3dy52b25ray5jby56YQ%3D%3D&controller=stats&action=analyse&wysija-page=1&wysijap=subscriptions  toegang tot byna 400 liedere se bladmusiek en tekste, asook Power Points, musikale verrykings met instrumentale verwerkings van liedere en ook kantoryverwerkings vir kore en sanggroepe.

VONKK-lisensiehouers kan egter ook, indien hulle dit sou verkies, ‘n datastokkie met al die VONKK-musiek en Power Points daarop by Bybel-Media Handel @ R270 bestel. Klik hier om die bestelvorm af te laai en e-pos dit aan [email protected]

Kom laat ons sing!

Ds. Jacques Louw
Voorsitter van VONKK
[email protected]