Martin Luther en die Reformasie in die algemeen is die fokus van die Reformasie 500 gedenkjaar.
Ons fokus op temas soos:
- Vrygemaak deur ‘n God wat hoop gee
- Vrygemaak om met vreugde vir ander te dien
- Vrygemaak vir hierdie lewe
- Vrygemaak om te kan bely
- Vrygemaak om in geloof anders te kan kyk
- Vrygemaak … daarom is ons goed genoeg
- Vrygemaak … daarom gee ons om
- Vrygemaak … daarom het ons almal ‘n roeping
- Vrygemaak om anders te werk
- Vrygemaak om dapper in die openbaar te leef
- Vrygemaak om te sorg vir God se skepping
- Vrygemaak om ‘n nuwe lied te sing
Die Taakspan Refo 500 reël verskeie byeenkomste. Drie groot gesamentlike eredienste word in Pretoria, Bloemfontein en Kaapstad beplan.
Verder ontwikkel die taakspan ‘n verskeidenheid hulpmiddels:
- Pinkstertemas vir 2017
- ‘n 40-dae program
- ‘n Weeklikse Reformasie-oomblik vir eredienste
- VBO geleenthede
Gemeenteleiers wat iets van die feesvieringe in gemeentes wil maak, kan dié materiaal op hierdie webtuiste kry soos dit mettertyd beskikbaar gemaak word.
Vir meer inligting, kyk gerus na hierdie dokument.