Fokusmoment: 4 Junie 2017

Martin Luther het die brief van Paulus aan die Galasiërs beskou as een van die belangrikste boeke van die Bybel.  Hy skryf hieroor in sy Kommentaar “Commentary on St. Paul’s Epistle to the Galatians”:

“We can hear the Apostle saying to himself: ‘I will not burden the Gentiles with the Law, because I am their apostle and not their lawgiver. Not once did you Galatians hear me speak of the righteousness of the Law or of works. My job was to bring you the Gospel. Therefore you ought to listen to no teachers of the Law, but the Gospel; not Moses, but the Son of God; not the righteousness of works, but the righteousness of faith must be proclaimed to the Gentiles. Read more >>

Reformasie gebeure in Mei (4)

Datums uit die geskiedenis

  • 25/05/1559: Die eerste Sinode van die “verstrooide kerk” in Frankryk
  • 27/05/1564: Johannes Calvyn (55) sterf in Genève, Switserland
  • 31/05/1567: Guido de Brès (45) sterf in Valenciennes, Frankryk

Persone en gebeure uit die geskiedenis

Guido de Brès (1522 – 31 Mei 1567) was ’n Waalse Protestantse teoloog. Hy was die opsteller van die Nederlandse Geloofbelydenis. Op ’n vroeë ouderdom het hy besluit om hom by die Protestantisme aan te sluit. Hy het aanvanklik vir Luther gevolg, maar het later ’n Calvyn-volgeling geword. Hy het Calvyn ’n hele aantal kere ontmoet en hy studeer ook vir ’n geruime tyd aan die Akademie van Genève waar Calvyn les gegee het. Read more >>

Fokusmoment: 28 Mei 2017

Martin Luther was nie die eerste hervormer om die Rooms-Katolieke Kerk uit te daag en verandering teweeg te bring nie – hy het op baie ander se skouers gestaan.

Een van die op wie se skouers hy gestaan het, was Peter Waldo (hy het geleef rondom 1170)  van Frankryk.  Waldo het sy eie bronne gebruik om ’n reformasie van die Kerk te begin.  Hy was mede-verantwoordelik vir die vertaling van die Vulgaat – die Latynse vertaling van die Bybel wat hoofsaaklik deur die RKK gebruik is – in Frans.  Hy het ’n hele paar toegewyde predikers opgelei wat weer die evangelie van die Bybel begin verkondig het.  Read more >>

Fokusmoment: 21 Mei 2017

Martin Luther het dit pragtig beskrywe hoe hy die duiwel oorwin het.

“As die duiwel by die deur van my hart kom klop en vra “Wie woon hier?” dan kom maak Jesus die deur oop en antwoord: “Martin Luther het hier gebly, maar hy het nou uitgetrek. Ek bly nou hier.” Wanneer Christus ons lewe volmaak, het die duiwel geen toegang nie.

Geen wonder nie Martin Luther het ook vertel hoe hy een aand wakker geword het en opgemerk het dat die duiwel aan die voetenent van sy bed sit .  Toe sê Luther vir die duiwel: “O, is dit jy!” Read more >>

Reformasie gebeure in Mei (2)

Datums uit die geskiedenis

  • 11/05/1525: Luther begrawe keurvors Frederik die Wyse vanuit die Kasteelkerk in Wittenberg
  • 15/05/1520: Publikasie van die dreigbul Exsurge domine gerig teen Luther
  • 15/05/1525: Verplettering van die boereopstande deur die vorste

Persone en gebeure uit die geskiedenis

Die boereopstande van 1525 het Luther gedwing om oor sosiaal-etiese temas na te dink en te skryf. Hy moes ewe skielik leiding gee oor temas soos oorlog, eerbied vir die owerhede, die reg op protes en opstand, en die verhouding tussen kerk en politiek. Reeds in die 15de eeu het boere in opstand gekom teen die adel wat hulle regeer het. Read more >>

Reformasie gebeure in Mei (1)

Datums uit die geskiedenis

  • 04/05/1521: Luther op die Wartburg tot en met 01/03/1522 as Junker Jörg
  • 04/05/1529: Luther se dogter Magdalena (Lenchen) word gebore
  • 08/05/1521: Die Edik van Worms word uitgevaardig

Persone en gebeure uit die geskiedenis

Martin Luther is op die Ryksdag van Worms skuldig bevind aan kettery. Hy is uit die kerk verban en sou waarskynlik die doodstraf ontvang het. Op 4 Mei 1521 word hy egter op bevel van Frederik die Wyse naby Altenstein in Thüringen ontvoer en na die Wartburgkasteel by Eisenach in veiligheid gebring. Die ontvoering is beplan deur Georg Spalatin, die biegvader en sekretaris van
keurvors Frederik die Wyse. Read more >>

Fokusmoment: 14 Mei 2017

Ons moet nooit die invloed van die Reformasie op die idee van moedertaalonderrig vergeet nie.

Dit was die studie van die Vulgaat, die Latynse vertaling van die Bybel, gebruik deur die Rooms-Katolieke kerk, wat teoloë se aandag gevestig het op die vals leerstellings wat deur die RKK verkondig is.  Dwaalleeringe soos dat Jesus fisies in die brood en wyn teenwoordig is tydens die Nagmaal – of die fokus en klem op boetedoening in plaas van vergifnis.  Alhoewel dit oënskynlike subtiele nuanse verskille is, het dit geweldig baie saak gemaak!

Die Reformatore het daarom besef dat mense self die Bybel behoort te kan lees – in hulle eie taal – sodat die Bybel die primêre bron van hulle geloofskennis sou kon wees. Read more >>

Fokusmoment: 7 Mei 2017

Terwyl ons die Reformasie vier, sal dit goed wees om te onthou dat die Reformasie talle lewensterreine beïnvloed het.  Dit het rimpelings veroorsaak op politieke, ekonomiese en wetenskaplike terreine.  Sommige invloede was positief – ander negatief.

 

Oneerlike motiewe

Die motiewe van regerings om die Reformasie te steun was nie altyd suiwer nie – dit was dikwels as gevolg van politieke redes, nie soseer geestelike redes nie.  Of ’n regering gekies het vir die Protestante of die Katolieke Kerk was soms gebaseer op die politieke situasie van die omgewing en die politieke gewin en nie noodwendig enige godsdienstige oortuiging nie.

Die onafhanklike Duitse state – daar was nie ’n verenigde Duitsland tot in 1871 nie – was Lutheranisme ’n manier om teen die ekonomiese oorheersing van die Romeinse Ryk te veg. Read more >>

Fokusmoment: 30 April 2017

’n Paar aanhalings wat aan Maartin Luther toegedig word:

  • “Ek het al baie dinge in my lewe in my hande vasgehou – en ek het dit alles weer verloor, maar wat ek ook al in God se hande geplaas het, dit het ek nie verloor nie”.
  • “Ek kan dom mense wat nie van musiek hou nie, nie verdra nie – want musiek is ’n gawe van God.  Musiek verdryf die duiwel en maak mense opgewek en vrolik.  Hulle vergeet van hulle woede, hulle losbandigheid en hulle arrogansie.  Naas die teologie – om meer van God te kan weet – gee ek aan die studie van musiek die hoogste ereplek.”
Read more >>

Reformasie gebeure in April (4)

 Datums uit die geskiedenis

  • 20/04/1529: Verteenwoordigers van die Reformasie “protesteer” teen ’n besluit van die Ryksdag van Speyer
  • 20/04/1558: Johannes Bugenhagen, die eerste voltydse predikant van die Reformasie, sterf in Wittenberg (73)
  • 21/04/1560: Philipp Melanchthon word in die Kasteelkerk in Wittenberg begrawe
  • 26/04/1518: Die Heidelbergse Disputasie
  • 01/05/1551: Die tweede sessie van die Konsilie van Trente begin
  • 04/05/1415: Die Konsilie van Konstanz laat die boeke, en later die beendere van John Wycliffe, verbrand

Persone en gebeure uit die geskiedenis

Op 20 April 1529 het die vorste van die Protestantse stede en gebiede amptelik geprotesteer teen die meerderheidsbesluit van die Ryksdag van Speyer om nie meer die evangelies-gesinde minderhede in die ryk te tolereer nie. Read more >>