Reformasie gebeure in November (1)

LutherHuisDatums uit die geskiedenis

  • 10/11/1483: Martin Luther in Eisleben, Duitsland gebore
  • 11/11/1483: Martin Luther word gedoop

Persone en gebeure uit die geskiedenis

Martin Luther is vermoedelik in sy ouerhuis op 10 November 1483 gebore. Sy ouers, Hans en Margarete Luder, was godsdienstige mense. Sy pa het hom op 11 November 1483 laat doop. Die rede vir die spoedige doop van kinders het te make gehad met die feit dat talle kinders en hul moeders nie die geboorte oorleef het nie, óf spoedig ná die bevalling gesterf het. Die vader van die kind moes met twee doopgetuies so spoedig moontlik na die naaste kerk gaan, waar ’n priester gereed was om die kind te doop. Read more >>