Luther’s se “’n Vaste Burg is onse God” (Lied 476 in die Liedboek) word allerweë beskou as die temalied van die Reformasie
Hierdie lied word dikwels gesing op Hervormingsondag. Die woorde is losweg gebaseer op Psalm 46.
Vir Refo500 het Ds. Hannes van der Merwe ’n lied geskryf wat fokus op die 5 solas.
VONKK 341
Sola Scriptura
(met die oog op die 500-jarige herdenking van die Hervorming op 31 Oktober 2017)
Sola Scriptura! God se Woord
is deur die Gees geïnspireer.
Geen mensewoord, geen kerkgesag
kan God se wil so aan ons leer.
Ons glo uit God se Woord
vloei God se redding voort.
Hy openbaar sy wil
en hoe ons dit vervul,
Sola Scriptura, net sy Woord.
Dis Sola Gratia, net alleen
genade wat ‘n sondaar red.
Geen mens sal dit ooit kan verdien
deur onderhouding van die wet.
Hoe hard ons self probeer,
ons faal maar telkens weer.
Geen mens uit eie krag
kan redding ooit vermag –
net sy genade kan my red!
Sola Fide! Dis net geloof
waardeur ons redding kan verkry.
Niks wat ons doen, niks wat ons gee,
kan ons voor God regverdig maak.
Die Gees werk deur die Woord
en bring geloof so voort;
genade word ons deel,
gebrokenheid word heel;
dit deur geloof – Sola Fide!
Net Jesus Christus, Hy alleen
kan intree as ons Middelaar.
Net Hy alleen betaal die prys –
ons buig voor Hom, ons Voorspraak, neer.
Geen sonde wat ek doen,
sal Hy nie kan versoen.
Geen offer wat ek gee,
maak ooit sy liefde meer.
Net Solus Christus! Hy alleen!
Ons eer U, Vader, as ons God
wat deur die Woord in ons wil werk.
Ons prys u Naam, besing u Seun.
U Gees maak van ons God se kerk.
Soos wat u Woord ons leer,
besing ons keer op keer,
met eerbied en ontsag,
die grootheid van u mag.
Sing: Soli Deo Gloria!
VONKK 341
Sola Scriptura
(English translation for the 500 year commemoration of the Reformation on October 31, 2017)
O what a gift! The Word of God:
trustworthy and inspired.
No human witness has such power
to bring the faith desired.
In God’s strong Word alone
the source of hope we’re shown
We hear and learn his way
to love and serve each day.
Proclaim: Sola scriptura!
O what a gift! The gift of grace:
the sinner is forgiven.
Our works of righteousness will not
build up a path to heaven.
We are too broken, frail,
our efforts doomed to fail;
too deep the pit of sin,
but God’s hand reaches in.
Proclaim it: Sola gratia!
O what a gift! The gift of faith:
acceptance of God’s caring.
Nothing we bring, just open hands
receive what Christ is sharing.
He’s speaking through his Word.
Faith grows from what we’ve heard.
New life in Him is sealed,
our brokenness is healed.
Proclaim it: Sola fide!
O what a gift! The work of Christ:
our Lord who brings salvation.
The only One who paid the price
to end all condemnation.
To be of Him a part,
transforms our selfish heart,
until it overflows;
our faith and love still grows.
Proclaim it: Solus Christus!
O what great gifts! We praise your name:
for your love never-ending.
To Father, Spirit and the Son
hear grateful prayers ascending.
As body of your Son
You call us to be one;
one faith, one church, one Lord.
Let’s praise with one accord:
Sing: Soli Deo gloria!
Afrikaanse teks: Hannes van der Merwe 2016 ©
Engelse teks: Gertrud Tönsing 2016 ©
Melodie: Ein feste Burg – Martin Luther 1529,
melodies aangepas 2001
Laai volledige bladmusiek, orrel- en koorverwerkings af by www.vonkk.co.za