Een van Johannes Calvyn se groot leuses was: Post tenebras lux. In Afrikaans “Na die donkerte, die lig.” Dit staan ook geskryf op die Reformasie-muur in Genève, onder die standbeelde van Calvyn, Knox, Farrel en Beza. Dit is tot vandag die leuse van die stad Genève en vir honderde jare was dit ook op Genève se muntstukke gegraveer.
Maar dit was nie altyd die leuse van die stad gewees nie. Voor die Reformasie was die leuse van Genève Post tenebras spero lucem – “Na die donkerte hoop ek vir lig”. Dit is die Latynse (Vulgaat) se vertaling van Job 17 vers 12. Read more >>




