- 28/01/1533: Luther se seun Paul gebore
- 28/01/1547: Koning Hendrik VIII van Engeland sterf
- 29/01/1499: Katharina Luther (née Von Bora) word in Lippendorf, Sakse gebore
- 31/01/1561: Menno Simons (verwerper van die kinderdoop) sterf
Persone en gebeure uit die geskiedenis
Katharina von Bora, die latere vrou van Martin Luther, is in ’n klein dorpie suid van Leipzig gebore. Haar ouers was deel van die Saksiese landadel, maar nogtans brandarm. In 1504 laai haar pa (as wewenaar) haar af by ’n Benediktyneklooster by Brehna.
In 1508 word sy na ’n ander klooster by Nimbschen verskuif. Op 8 Oktober 1515 word sy dáár tot non gewy. Read more >>



Datums uit die geskiedenis