Datums uit die geskiedenis
- 11/05/1525: Luther begrawe keurvors Frederik die Wyse vanuit die Kasteelkerk in Wittenberg
- 15/05/1520: Publikasie van die dreigbul Exsurge domine gerig teen Luther
- 15/05/1525: Verplettering van die boereopstande deur die vorste
Persone en gebeure uit die geskiedenis
Die boereopstande van 1525 het Luther gedwing om oor sosiaal-etiese temas na te dink en te skryf. Hy moes ewe skielik leiding gee oor temas soos oorlog, eerbied vir die owerhede, die reg op protes en opstand, en die verhouding tussen kerk en politiek. Reeds in die 15de eeu het boere in opstand gekom teen die adel wat hulle regeer het. Read more >>






