Fokusmoment: 11 Junie 2017

In een van Maartin Luther se 95 stellinge (#62) beklemtoon hy die feit dat die kerk se grootste skat die evangelie is – die storie van God se grootheid en Sy genade.

Die pous, Leo X, was nie regtig geïnteresseerd in ’n teologiese debat nie en het die 95 stellings afgemaak as die “gebrabbel van ’n dronk Duitser” en dat Luther tot “ander insigte sal kom wanneer hy weer nugter is”.

Teoloë verwys dikwels na Luther se teologie as ’n “teologie van die kruis”.  Vir Luther lei alles na, vloei alles voort uit en is alles gesentreerd rondom die kruis van Jesus.  Read more >>

Fokusmoment: 4 Junie 2017

Martin Luther het die brief van Paulus aan die Galasiërs beskou as een van die belangrikste boeke van die Bybel.  Hy skryf hieroor in sy Kommentaar “Commentary on St. Paul’s Epistle to the Galatians”:

“We can hear the Apostle saying to himself: ‘I will not burden the Gentiles with the Law, because I am their apostle and not their lawgiver. Not once did you Galatians hear me speak of the righteousness of the Law or of works. My job was to bring you the Gospel. Therefore you ought to listen to no teachers of the Law, but the Gospel; not Moses, but the Son of God; not the righteousness of works, but the righteousness of faith must be proclaimed to the Gentiles. Read more >>

Fokusmoment: 28 Mei 2017

Martin Luther was nie die eerste hervormer om die Rooms-Katolieke Kerk uit te daag en verandering teweeg te bring nie – hy het op baie ander se skouers gestaan.

Een van die op wie se skouers hy gestaan het, was Peter Waldo (hy het geleef rondom 1170)  van Frankryk.  Waldo het sy eie bronne gebruik om ’n reformasie van die Kerk te begin.  Hy was mede-verantwoordelik vir die vertaling van die Vulgaat – die Latynse vertaling van die Bybel wat hoofsaaklik deur die RKK gebruik is – in Frans.  Hy het ’n hele paar toegewyde predikers opgelei wat weer die evangelie van die Bybel begin verkondig het.  Read more >>

Fokusmoment: 21 Mei 2017

Martin Luther het dit pragtig beskrywe hoe hy die duiwel oorwin het.

“As die duiwel by die deur van my hart kom klop en vra “Wie woon hier?” dan kom maak Jesus die deur oop en antwoord: “Martin Luther het hier gebly, maar hy het nou uitgetrek. Ek bly nou hier.” Wanneer Christus ons lewe volmaak, het die duiwel geen toegang nie.

Geen wonder nie Martin Luther het ook vertel hoe hy een aand wakker geword het en opgemerk het dat die duiwel aan die voetenent van sy bed sit .  Toe sê Luther vir die duiwel: “O, is dit jy!” Read more >>

Fokusmoment: 14 Mei 2017

Ons moet nooit die invloed van die Reformasie op die idee van moedertaalonderrig vergeet nie.

Dit was die studie van die Vulgaat, die Latynse vertaling van die Bybel, gebruik deur die Rooms-Katolieke kerk, wat teoloë se aandag gevestig het op die vals leerstellings wat deur die RKK verkondig is.  Dwaalleeringe soos dat Jesus fisies in die brood en wyn teenwoordig is tydens die Nagmaal – of die fokus en klem op boetedoening in plaas van vergifnis.  Alhoewel dit oënskynlike subtiele nuanse verskille is, het dit geweldig baie saak gemaak!

Die Reformatore het daarom besef dat mense self die Bybel behoort te kan lees – in hulle eie taal – sodat die Bybel die primêre bron van hulle geloofskennis sou kon wees. Read more >>

Fokusmoment: 7 Mei 2017

Terwyl ons die Reformasie vier, sal dit goed wees om te onthou dat die Reformasie talle lewensterreine beïnvloed het.  Dit het rimpelings veroorsaak op politieke, ekonomiese en wetenskaplike terreine.  Sommige invloede was positief – ander negatief.

 

Oneerlike motiewe

Die motiewe van regerings om die Reformasie te steun was nie altyd suiwer nie – dit was dikwels as gevolg van politieke redes, nie soseer geestelike redes nie.  Of ’n regering gekies het vir die Protestante of die Katolieke Kerk was soms gebaseer op die politieke situasie van die omgewing en die politieke gewin en nie noodwendig enige godsdienstige oortuiging nie.

Die onafhanklike Duitse state – daar was nie ’n verenigde Duitsland tot in 1871 nie – was Lutheranisme ’n manier om teen die ekonomiese oorheersing van die Romeinse Ryk te veg. Read more >>

Fokusmoment: 30 April 2017

’n Paar aanhalings wat aan Maartin Luther toegedig word:

  • “Ek het al baie dinge in my lewe in my hande vasgehou – en ek het dit alles weer verloor, maar wat ek ook al in God se hande geplaas het, dit het ek nie verloor nie”.
  • “Ek kan dom mense wat nie van musiek hou nie, nie verdra nie – want musiek is ’n gawe van God.  Musiek verdryf die duiwel en maak mense opgewek en vrolik.  Hulle vergeet van hulle woede, hulle losbandigheid en hulle arrogansie.  Naas die teologie – om meer van God te kan weet – gee ek aan die studie van musiek die hoogste ereplek.”
Read more >>

Fokusmoment: 23 April 2017

 

Guido de Bres het die Nederlandse Geloofsbelydenis opgestel. In 1565 is De Bres vir sy Calvinistiese geloof gearresteer. Hy is voor die Spaanse Inkwisisie verhoor, het die doodstraf gekry en is gehang.

Hy het gesterf terwyl hy die skare voor hom toegespreek het. 12 dae voor sy dood het hy nog ’n brief aan sy vrou geskryf, waarin hy sy vertroue in God verwoord. Read more >>

Fokusmoment: 16 April 2017

Calvyn het gesterf op 27 Mei 1564. Hy was 54 jaar oud. Om te verhoed dat hy deur mense as nog ’n heilige verklaar word, ’n praktyk wat hy verafsku het, is hy in ’n ongemerkte graf in die Cimetière des Roisin begrawe, sommer die volgende dag.

Later in die 19de eeu is ’n grafsteen by sy graf geplaas – of wat volgens oorlewering sy graf is. Read more >>

Fokusmoment: 9 April 2017

Hierdie lewe, daarom, is nie godsvrug nie, maar die proses om godvrugtig te word, nie heelheid nie, maar om heel te word; nie om te wees nie, maar om te word, nie om te rus nie maar om in te oefen.

Ons is nie nou wat ons sal wees nie, maar ons is op die weg.

Die proses is nog glad nie voltooi nie, maar dit is aktief aan die gang. Op hierdie oomblik, blink en sprankel alles nie nou-al nie, maar alles is besig om gereinig te word. Read more >>