Fokusmoment: 20 Augustus 2017

Na die dood van Luther in 1546 het die mantel van leierskap geval op Philip Melanchton,  die man wat deur Luther gementor is sedert hy as 20-jarige in Wittenberg opgedaag het in 1519.

Luther en Melanchton het ’n diep verbintenis en vriendskap gehad, alhoewel hulle uiteenlopende persoonlikhede gehad het.  Luther het eenkeer gesê dat Melanchton spelde en naalde sou gebruik om mee aan te val, wanneer hy wat Luther is eerder ’n groot swaard sou gebruik.

Melanchton het inderdaad ’n sagter aanslag gehad en was meer as Luther bereid om kompromieë te soek. Net na Luther se dood het teologiese sake soos die verhouding tussen die Rooms-Katolieke Kerk en die Lutherane, die leer oor die regverdiging deur geloof, die uitverkiesingsleer en die aard van die Nagmaal die Kerk in beroering gehad. Read more >>

Fokusmoment: 13 Augustus 2017

Die doel van Luther se 95 stellinge – alhoewel dit die basis van die reformasie geword het – was eintlik om die teologiese probleme in die Rooms-Katolieke kerk uit te wys.

Van 1517 tot 1521 het Luther die 5 Solas ontwikkel in sy teologiese denke en geskrifte:

Toe Luther vasgevang was in die donderstorm het hy hom aanvanklik op die Heilige Anna beroep.  Hy het egter besef hoe futiel dit is om enige ander Middelaar as Jesus te hê.  Dit het tot die eerste Sola gelei – gebaseer op 1 Tim 2:5 – Solus Christus.

Hy moes egter ook sy siening van God verander.  Read more >>

Fokusmoment: 6 Augustus 2017

Van  die Switserse reformator, Zwingli, se bekendste stellings is:

“Die Waarheid dra ’n gelukkige gesig”

“Om nie bevrees te wees nie, is die beste wapenrusting”

“Ons vertroue op Jesus Christus maak ons nie lui, agterlosig of onbetroubaar nie – inteendeel, dit maak ons bedag, moedig ons aan, laat ons doelgerig lewe, soos regverdiges, daarop gerig om goed te doen aan ander.  Daar is geen vorm van selfvertroue wat hiermee kan vergelyk nie.”

“As ons al hoe wyser en meer geleerd geraak in ons interaksie met wyse en geleerde mense, hoeveel te meer sal ons nie groei in ons innerlike lewe deur tyd met God in gebed te spandeer nie.” Read more >>

Fokusmoment: 30 Julie 2017

Huldrych (of Ulrich)  Zwingli was een van die groot kragte in die reformasie.  Net soos wat Calvyn Genève beïnvloed het, so het Zwingli Zürich, Switserland,  beïnvloed.

Zwingli het so ’n groot invloed gehad op die stadsraad van Zürich dat hy dit so kon bewerkstellig dat die inkomste wat gegenereer is deur die verkoop van die bates van die kloosters wat toegemaak het na die Reformasie, gebruik is om armoede te verlig en die oprigting van skole te befonds.

Zwingli het hard daaraan gewerk om Switserland se ekonomie te verskuif van die afhanklikheid van kontrakwerkers na landbou en handel. Hy het sy gemeentelede aangemoedig om produktief te werk met die woorde:  “Julle is instrumente in die hande van God. Read more >>

Fokusmoment: 23 Julie 2017

Alhoewel Martin Luther allerweë as die inisieerder van die Reformasie gesien word, was hy wel nie die eerste om protes aan te teken teen die vergrype van die Rooms-Katolieke kerk nie.

Reeds 100 jaar vóór Luther het Jan Hus (1372-1415) in die stad Praag (in Bohemia, wat vandag die Tsjeggiese Republiek is) as priester van die Betlehem Kapel in Praag, onder die invloed van John Wycliffe, die oppergesag van die Skrif gehandhaaf.

Dit het daartoe gelei dat hy teenoor baie van die gebruike van die Rooms-Katolieke kerk uitgevaar het.  Hy het onder andere die gesag van die pous uitgedaag en die gebruik van die aflaatstelsel veroordeel. Read more >>

Fokusmoment: 18 Julie 2017

In sy boek The Reformation: How a monk and a mallet changed the world vra die skrywer, Stephen J. Nichols die vraag of ons enigsins die reformasie vanjaar moet vier.  Het die Reformasie nie net die eenheid van die Kerk versteur nie?

Hy antwoord dan self die vraag:

“We study the Reformation because of what we can learn.  We learn of the treasure of the Gospel.  We learn how easy it can be for the church to lose sight of its value.  We learn of the origin of most of the practices of church life that we simply take for granted.  Read more >>

Fokusmoment: 11 Julie 2017

Luther’s se “’n Vaste Burg is onse God”  (Lied 476 in die Liedboek) word allerweë beskou as die temalied van die Reformasie

Hierdie lied word dikwels gesing op Hervormingsondag.  Die woorde is losweg gebaseer op Psalm 46.

 

Vir Refo500 het Ds. Hannes van der Merwe ’n lied geskryf wat fokus op die 5 solas.

 

VONKK 341

Sola Scriptura

(met die oog op die 500-jarige herdenking van die Hervorming op 31 Oktober 2017)

 

Sola Scriptura! God se Woord

is deur die Gees geïnspireer.

Geen mensewoord, geen kerkgesag

kan God se wil so aan ons leer.

Ons glo uit God se Woord

vloei God se redding voort. Read more >>

Fokusmoment: 4 Julie 2017

Martin Luther het gestry teen die pouslike aflaatstelsel, maar hoekom?

Dit was nie van die begin af Luther se intensie om met die Rooms-Katolieke kerk te breek nie.  Hy wou bloot aandring daarop dat sekere sekere Skrifgedeeltes reg geïnterpreteer moet word – veral die aangaande skuldbelydenis en vergifnis.

Die heel eerste van sy 95 stellinge gaan veral oor die idee van bekering en skuldbelydenis:  “Toe ons Here Jesus Christus gesê het: ‘Bekeer julle!  (Matteus 5:17) het Hy daarop aangedring dat ’n gelowige se hele lewe een van skuldbelydenis moet wees.”

Sommige Rooms-Katolieke leiers het  aflaatbriewe verkoop wat vergifnis van alle sondes in die verlede of toekoms belowe het.  Read more >>

Fokusmoment: 25 Junie 2017

Drie aanhalings van Johannes Calvyn:

“As ’n prediker nie in die eerste plek vir homself ’n preek preek nie, sou dit beter wees dat hy van die trappies van die preekstoel afval en sy nek breek, voordat hy die kans kry om daardie preek te preek.”

“Ek het alles prysgegee vir Christus – en wat het ek daarvoor inruil gekry?  Alles in Christus!”

“’n Pastor het twee stemme nodig:  een waarmee hy die skape bymekaarmaak en ’n ander een waarmee hy die wolwe en diewe van sy skape af kan weghou.  Die Skrif verskaf aan hom beide hierdie stemme.” Read more >>

Fokusmoment: 18 Junie 2017

Johannes Calvyn:

“Wanneer die Bybel praat, praat God”.

“We shall never be clothed with the righteousness of Christ except we first know assuredly that we have no righteousness of our own.”

“Wat is afgodediens anders as wanneer jy die geskenke vereer in plaas van die Een wat die geskenke gee?”

(For what is idolatry if not this: to worship the gifts in place of the Giver himself?”)

Ons moet vir God vra om ons hoop te vergroot wanneer dit te klein is, wakker te maak wanneer dit dormant is, dit bevestig wanneer dit huiwerend is, dit te versterk wanneer dit swak is en om dit te laat opstaan wanneer dit oorweldig word.” Read more >>