Drie aanhalings van Johannes Calvyn:
“As ’n prediker nie in die eerste plek vir homself ’n preek preek nie, sou dit beter wees dat hy van die trappies van die preekstoel afval en sy nek breek, voordat hy die kans kry om daardie preek te preek.”
“Ek het alles prysgegee vir Christus – en wat het ek daarvoor inruil gekry? Alles in Christus!”
“’n Pastor het twee stemme nodig: een waarmee hy die skape bymekaarmaak en ’n ander een waarmee hy die wolwe en diewe van sy skape af kan weghou. Die Skrif verskaf aan hom beide hierdie stemme.”