Reformasie gebeure in Augustus (2)

Datums uit die geskiedenis

  •  18/08/1533: Luther en Melanchthon doen visitasie in Bitterfeld tussen 18 en 23 Augustus 1533
  • 22/08/1524: Luther en Andreas Bodenstein von Karlstadt ontmoet in Jena oor die beeldekwessie
  • 23/08/1572: Slagting van Bartolomeusnag in Parys

Persone en gebeure uit die geskiedenis

Die Evangeliese Kerk (soos die Protestantse Kerk in die 16de eeu genoem is) moes in die beginjare van die Reformasie klaarkom met predikante wat priesters was in die Roomse Kerk. Die meeste van hulle het ’n karige opleiding gehad. Verder was daar ’n klomp opportuniste wat met min werk groot salarisse wou verdien. Martin Luther en Philipp Melanchthon het gou besef dat hulle elke
gemeentepredikant persoonlik moes besoek vir indringende gesprekvoering. Read more >>

Fokusmoment: 20 Augustus 2017

Na die dood van Luther in 1546 het die mantel van leierskap geval op Philip Melanchton,  die man wat deur Luther gementor is sedert hy as 20-jarige in Wittenberg opgedaag het in 1519.

Luther en Melanchton het ’n diep verbintenis en vriendskap gehad, alhoewel hulle uiteenlopende persoonlikhede gehad het.  Luther het eenkeer gesê dat Melanchton spelde en naalde sou gebruik om mee aan te val, wanneer hy wat Luther is eerder ’n groot swaard sou gebruik.

Melanchton het inderdaad ’n sagter aanslag gehad en was meer as Luther bereid om kompromieë te soek. Net na Luther se dood het teologiese sake soos die verhouding tussen die Rooms-Katolieke Kerk en die Lutherane, die leer oor die regverdiging deur geloof, die uitverkiesingsleer en die aard van die Nagmaal die Kerk in beroering gehad. Read more >>

Fokusmoment: 13 Augustus 2017

Die doel van Luther se 95 stellinge – alhoewel dit die basis van die reformasie geword het – was eintlik om die teologiese probleme in die Rooms-Katolieke kerk uit te wys.

Van 1517 tot 1521 het Luther die 5 Solas ontwikkel in sy teologiese denke en geskrifte:

Toe Luther vasgevang was in die donderstorm het hy hom aanvanklik op die Heilige Anna beroep.  Hy het egter besef hoe futiel dit is om enige ander Middelaar as Jesus te hê.  Dit het tot die eerste Sola gelei – gebaseer op 1 Tim 2:5 – Solus Christus.

Hy moes egter ook sy siening van God verander.  Read more >>

Reformasie gebeure in Augustus (1)

Datums uit die geskiedenis

  • 03/08/1528: Luther se dogter Elizabeth sterf
  • 06/08/1560: Die Skotse Geloofbelydenis, opgestel deur John Knox, word aanvaar
  • 07/08/1518: Luther word na Rome ontbied vir sy verhoor weens kettery
  • 10/08/1534: Luther se aanklaer, kardinaal Cajetan, sterf in Rome
  • 10/08/1540: Johannes Calvyn trou met Idelette de Bure
  • 11/08/1519: Johannes Tetzel, verkoper van die afl ate, sterf in Leipzig
  • 16/08/1532: Hertog Johann die Bestendige word in die Kasteelkerk in Wittenberg begrawe

Persone en gebeure uit die geskiedenis

Martin Luther en sy vrou Katharina het ses kinders gehad. Hulle het later ook vier weeskinders aangeneem en vir talle ander kos gegee. Die huwelik en gesinslewe was vir die Kerkhervormers van groot belang. Read more >>

Fokusmoment: 6 Augustus 2017

Van  die Switserse reformator, Zwingli, se bekendste stellings is:

“Die Waarheid dra ’n gelukkige gesig”

“Om nie bevrees te wees nie, is die beste wapenrusting”

“Ons vertroue op Jesus Christus maak ons nie lui, agterlosig of onbetroubaar nie – inteendeel, dit maak ons bedag, moedig ons aan, laat ons doelgerig lewe, soos regverdiges, daarop gerig om goed te doen aan ander.  Daar is geen vorm van selfvertroue wat hiermee kan vergelyk nie.”

“As ons al hoe wyser en meer geleerd geraak in ons interaksie met wyse en geleerde mense, hoeveel te meer sal ons nie groei in ons innerlike lewe deur tyd met God in gebed te spandeer nie.” Read more >>

Reformasie gebeure in Julie (3)

 Datums uit die geskiedenis

  • 28/07/1540: Thomas Cromwell word onthoof
  • 30/07/1540: Robert Barnes sterf op die brandstapel
  • 31/07/1556: Ignatius van Loyola sterf in Rome

Persone en gebeure uit die geskiedenis

Thomas Cromwell is in 1485 in arm omstandighede gebore. Onder Hendrik VIII vorder hy tot een van die belangrikste ministers in Engeland, en beklee hy tussen 1532 en 1540 verskeie belangrike ampte (onder andere as “eerste minister”). Op voorstel van Cromwell besluit die Britse parlement om die koning hoof van die Kerk van Engeland te maak. Hyself word Algemene Sekretaris en is verantwoordelik vir staatlike wetgewing.

In hierdie samehang verryk hy hom en die koning deur die kloosters staatsbesit te maak. Read more >>

Fokusmoment: 30 Julie 2017

Huldrych (of Ulrich)  Zwingli was een van die groot kragte in die reformasie.  Net soos wat Calvyn Genève beïnvloed het, so het Zwingli Zürich, Switserland,  beïnvloed.

Zwingli het so ’n groot invloed gehad op die stadsraad van Zürich dat hy dit so kon bewerkstellig dat die inkomste wat gegenereer is deur die verkoop van die bates van die kloosters wat toegemaak het na die Reformasie, gebruik is om armoede te verlig en die oprigting van skole te befonds.

Zwingli het hard daaraan gewerk om Switserland se ekonomie te verskuif van die afhanklikheid van kontrakwerkers na landbou en handel. Hy het sy gemeentelede aangemoedig om produktief te werk met die woorde:  “Julle is instrumente in die hande van God. Read more >>

Fokusmoment: 23 Julie 2017

Alhoewel Martin Luther allerweë as die inisieerder van die Reformasie gesien word, was hy wel nie die eerste om protes aan te teken teen die vergrype van die Rooms-Katolieke kerk nie.

Reeds 100 jaar vóór Luther het Jan Hus (1372-1415) in die stad Praag (in Bohemia, wat vandag die Tsjeggiese Republiek is) as priester van die Betlehem Kapel in Praag, onder die invloed van John Wycliffe, die oppergesag van die Skrif gehandhaaf.

Dit het daartoe gelei dat hy teenoor baie van die gebruike van die Rooms-Katolieke kerk uitgevaar het.  Hy het onder andere die gesag van die pous uitgedaag en die gebruik van die aflaatstelsel veroordeel. Read more >>

Fokusmoment: 18 Julie 2017

In sy boek The Reformation: How a monk and a mallet changed the world vra die skrywer, Stephen J. Nichols die vraag of ons enigsins die reformasie vanjaar moet vier.  Het die Reformasie nie net die eenheid van die Kerk versteur nie?

Hy antwoord dan self die vraag:

“We study the Reformation because of what we can learn.  We learn of the treasure of the Gospel.  We learn how easy it can be for the church to lose sight of its value.  We learn of the origin of most of the practices of church life that we simply take for granted.  Read more >>

Reformasie gebeure in Julie (2)

Datums uit die geskiedenis

  •  13/07/1698: Hoeksteenlegging van die eerste Protestantse weeshuis in Halle deur August Francke
  • 15/07/1519: Disputasie in Leipzig (27/06 – 15/07) tussen Eck, Karlstadt en Luther oor onfeilbaarheid van die pous en die konsilies
  • 17/07/1505: Luther word ’n monnik
  • 18/07/1504: Heinrich Bullinger word gebore in Bremgarten, Switserland
  • 19/07/1531: Melanchthon se dogter Magdalena word gebore

Persone en gebeure uit die geskiedenis

Martin Luther het op 17 Julie 1505 sy intrek in die Augustynse-Eremieten Klooster in Erfurt, Duitsland geneem. Hy was al 22 jaar oud toe hy oornag besluit het om monnik te word. Luther het as kind nie aspirasies gehad om priester te word nie. Read more >>