Reformasie gebeure in September (4)

Datums uit die geskiedenis

  • 22/09/1522: Luther se eerste vertaling van die Nuwe Testament word gedruk
  • 23/09/1470: Die drukker van Luther se werke, Melchior Lotter, word gebore
  • 24/09/1545: Kardinaal Albrecht von Brandenburg, die toesighouer oor die afl aatstelsel, sterf in Mainz
  • 24/09/1554: John Knox word predikant van die vlugtelinggemeente in Frankfurt
  • 25/09/1555: Die Augsburgse godsdiensvrede tree in werking

Persone en gebeure uit die geskiedenis

Martin Luther het in 1522 binne 11 weke die Nuwe Testament uit Grieks in Duits vertaal. Die eerste uitgawe staan bekend as die “Septembertestament” en is inderhaas deur Melchior Lotter in Wittenberg gedruk. Die oplaag van 3 000 eksemplare is binne enkele dae vir 1.5 gulde elk verkoop. Read more >>

Fokusmoment: 24 September 2017

Luther het sterk opinies gehad

oor teologie:  “Ek het nie al my teologie op een slag geleer nie.  Ek moes daaroor dink, oor en oor en oor – en my geestelike worsteling het my daarin gehelp, omdat mens niks leer sonder oefening nie.”

oor God:  “‘n Vaste Burg is onse God”

oor sy debat met Rome:  “Die tyd vir stilbly is verby.  Die tyd om te praat het aangebreek”.

oor Christelike vryheid:  “‘n Christen is volkome ‘n heerser oor alles – ondergeskik aan niks of niemand nie.  ‘n Christen is ook volkome ‘n dienskneg van almal – ondergeskik aan alles en almal.” Read more >>

Reformasie gebeure in September (3)

  Datums uit die geskiedenis

  •  14/09/1530: Luther ontvang ’n goue ring met sy seël op van die latere keurvors Johann Friedrich tydens sy verblyf op die vesting Coburg
  • 15/09/1529: Melanchthon en Luther neem tot en met 18/10/1529 in Marburg aan die Protestantse godsdiensgesprekke deel
  • 17/09/1575: Heinrich Bullinger sterf in Zürich (71)
  • 20/09/1542: Luther se dogter Magdalene sterf

Persone en gebeure uit die geskiedenis

Ter wille van sy eie veiligheid het Luther nie die Ryksdag van Augsburg (Junie/Julie 1530) bygewoon nie. Hy het vanuit die vesting Coburg, per brief, vir Melanchthon ondersteun in sy poging om begrip by die keiser vir die Reformasie te wek. Read more >>

Fokusmoment: 17 September 2017

Wanneer ons Hervormingsdag vier, sal die meeste van ons ’n prentjie kry van Martin Luther, wat met sy swaaiende hamer sy 95-stellings teen die deur van die kerk vasspyker.  Dit is hoe die Reformasie begin het.  Dis hoe die Reformasie in elk geval in Duitsland begin het…

In Switserland is die reformasie begin deur ’n priester van Zürich, Ulrich Zwingli.  Dit het so begin:

Een aand het ’n hooggeplaaste sakeman van Zürich ’n paar mense na sy huis genooi vir ’n wors ete.  Dalk klink dit nie na die begin van ’n rewolusie nie, maar hierdie ete het Switserland se geskiedenis verander! Read more >>

Fokusmoment: 10 September 2017

Luther het nie baie tyd vir pretensie gehad nie.  Hy het graag met homself en met ander teoloë gespot.  Hy het een keer gesê:  “God het teoloë en prinse maar dom gemaak – net om almal daaraan te herinner dat net Hy wys en almagtig is.”

Dit was sy bewustheid van sy eie gebrokenheid wat hom nog stywer laat vashou het aan die genade van God.

Hy het God se hand orals gesien.  “Die Here het die beste gawes die mees alledaagse gemaak.  Een van die belangrikste gawes van lewende wesens is hulle oë.  Voëls het die kleinste oë, maar kan ’n vlieg oor die lengte van ’n vertrek sien. Read more >>

Reformasie gebeure in September (2)

  Datums uit die geskiedenis

  • 07/09/1566: Süleyman I, sultan van die Osmaanse Ryk, sterf
  • 13/09/1556: John Knox word predikant van vlugtelinge in Genève
  • 13/09/1565: Guillaume Farel sterf in Neuchâtel

Persone en gebeure uit die geskiedenis

Süleyman I, genoem die pragtige en/of  die wonderbaarlike, is op 6 November in  1494 in Trabzon, in die huidige Turkye  gebore, en regeer die Osmaanse of  Ottomaanse Ryk as die tiende sultan  tussen 1520 en 1566. Die hartland van die  Osmaanse Ryk was die huidige Turkye.  Süleyman was ’n wrede, bloeddorstige  veroweraar van gebiede in Oos-Europa,  die Middellandse See en Noord-Afrika.  Hy was persoonlik die bevelvoerder van  13 groot veldslae. Read more >>

Reformasie gebeure in September (1)

  Datums uit die geskiedenis

  • 01/09/1552: Keurvors Johann Friedrich I word vrygelaat uit gevangenskap
  • 02/09/1584: Hans Lufft sterf

Persone en gebeure uit die geskiedenis

Ná Luther se dood het die Smalkaldiese Oorlog (1546-1547) tussen keiser Karel V van die Heilige Romeinse Ryk en die Smalkaldiese Bond (gestig op 27 Februarie 1531) uitgebreek. Die Keiser het die oorlog gewen en keurvors Johann Friedrich I en landgraaf Philipp van Hessen in hegtenis geneem.

Op grond van ’n verdrag van 1 September 1552 is albei vrygelaat. Johann Friedrich het hom in die vesting Coburg (die plek waar Luther tydens die Ryksdag van Augsburg in 1530 geskuil het) gaan vestig. Read more >>

Fokusmoment: 3 September 2017

Die reformasie het vir Luther teen ’n hoë prys gekom.  Hy het nie die luukse van ’n ivoortoring gehad van waar hy sy teologie kon bedryf nie.  Aan die einde van sy lewe, in 1546, het hy baie vreugdes en baie hartseer beleef.  Baie van sy ou vriende het hul rug op hom gedraai.  Vir die grootste deel van sy lewe was hy as ’n krimineel beskou en moes hy vir sy lewe vlug.  Sy gestel het nooit regtig herstel van die asketiese lewe wat hy as priester geleef het nie.  Hy het gely aan depressie.  Hy het getwyfel en baie met God geworstel.  Read more >>

Fokusmoment: 27 Augustus 2017

Die reformasie het vir Luther teen ’n hoë prys gekom.  Hy het nie die luukse van ’n ivoortoring gehad van waar hy sy teologie kon bedryf nie.  Aan die einde van sy lewe, in 1546, het hy baie vreugdes en baie hartseer beleef.  Baie van sy ou vriende het hul rug op hom gedraai.  Vir die grootste deel van sy lewe was hy as ’n krimineel beskou en moes hy vir sy lewe vlug.  Sy gestel het nooit regtig herstel van die asketiese lewe wat hy as priester geleef het nie.  Hy het gely aan depressie.  Hy het getwyfel en baie met God geworstel.  Read more >>

Reformasie gebeure in Augustus (3)

  Datums uit die geskiedenis

  • 24/08/1510: Elizabeth von Brandenburg, die Reformasievorstin, word gebore
  •  24/08/1522: Philipp Melanchthon se dogter Anna word gebore
  • 25/08/1518: Philipp Melanchthon word professor in Grieks in Wittenberg
  • 27/08/1471: Hertog Georg van Sakse word in Meissen gebore
  • 28/08/1518: Philipp Melanchthon hou sy intreerede in Wittenberg

Persone en gebeure uit die geskiedenis

Dit is nie algemeen bekend nie dat vroue ’n belangrike rol in die vestiging van die Reformatoriese kerke gespeel het. Dit is belangrik dat hierdie onkunde oorkom word. Elizabeth von Brandenburg staan bekend as die Reformasievorstin. Sy is op 24 Augustus 1510 in Cölln (vermoedelik die hedendaagse Keulen) gebore. Read more >>