Luther het sterk opinies gehad
oor teologie: “Ek het nie al my teologie op een slag geleer nie. Ek moes daaroor dink, oor en oor en oor – en my geestelike worsteling het my daarin gehelp, omdat mens niks leer sonder oefening nie.”
oor God: “‘n Vaste Burg is onse God”
oor sy debat met Rome: “Die tyd vir stilbly is verby. Die tyd om te praat het aangebreek”.
oor Christelike vryheid: “‘n Christen is volkome ‘n heerser oor alles – ondergeskik aan niks of niemand nie. ‘n Christen is ook volkome ‘n dienskneg van almal – ondergeskik aan alles en almal.”
oor prediking: “Wanneer ek niks meer het om te sê nie, bly ek stil.”
(Sommige predikers kan maar die lessie by hom leer…)
Het jy al Flam se reformasielied gehoor?
https://www.youtube.com/watch?v=v8hQLUA_-9U
Die bladmusiek is beskikbaar by http://www.flam.co.za/