Fokusmoment: 29 Oktober 2017

Die dag toe Martin Luther sy 95-stellinge teen die kerkdeur van Wittenberg vasgespyker het, was daar ’n jong regstudent by die Kollege van Montaigu, met die naam Jeanne Cauvin – die Franse vorm van Johannes Calvyn.  Hy het geen planne gehad om op die kansel te staan nie – tog aan die einde van sy lewe was hy die predikant in Geneva.

Terwyl hy regte studeer het, het hy onder die invloed gekom van die rektor van die Sorbonne, Nicholas Cop – ’n ondersteuner van Luther.  In 1534 het Calvyn tot bekering gekom en in 1535 die eerste deel van sy ‘Institusie van die Christelike Godsdiens’. Read more >>

Fokusmoment: 22 Oktober 2017

Een van die belangrikste teologiese paradigmaskuiwe wat die Hervormers wou maak, is die van die Kerk se fokus na binne (versinnebeeld deur monnike, nonne en kloosters) na die fokus op die roeping (vocation) wat op elke gelowige rus.

Calvyn sou letterlik die kerk se deure na die diens op ’n Sondag sluit.  Hy wou daardeur sy lidmate leer dat hulle ’n roeping het om as Kerk in die wêreld te gaan leef. Jou beroep moes jou roeping wees!  Jou werk is jou vocation!

Hulle het wegbeweeg van die idee dat die wêreld net sleg is en vermy moes word, na die idee dat die wêreld beter gemaak moes word én geniet moes word. Read more >>

Fokusmoment: 15 Oktober 2017

In ’n lesing wat Zwingli aangebied het by die klooster van Oetenbach (getiteld  “Oor die duidelikheid en sekerheid van die Woord van God’)  gee Zwingli uiting aan een van die reformasies se belangrikste waardes:  Sola Scriptura.

Hy dui hier drie belangrike kenmerke van die Skrif aan:  die Skrif het krag, sekerheid en duidelikheid.  Volgens Stephen J. Nichols, die kerkhistorikus, was die Reformasie suksesvol juis omdat dit op die Skrif gebaseer was.

Dit was Zwingli – saam met die ander leiers van die reformasie – wat ’n nuwe waarde geheg het aan die korrekte eksegese en gesag van die Skrif.

Volgens Zwingli het net die Bybel regtig die krag om mense se lewens te verander.  Read more >>

Fokusmoment: 8 Oktober 2017

In sy boek The Reformation:  How a monk and a mallet changed the world skryf die bekende kerkhistorikus Stephen J. Nichols dat om die Bybel te lees geweldig bevrydend kan wees.  Vir Luther, Calvyn en Zwingli het die lees van die Bybel die boeie van eeueoue kerktradisies wat gemeentes verlam het, laat afgooi.

Regoor Europa het hierdie kerklike tradisies beperkings op mense se lewens gestel.  In Switserland het Zwingli gevind dat die Bybel geen beperkings plaas daarop wat jy mag en nie mag eet nie en het hy die kerk se gesag hieroor uitgedaag.

In 1522, vyf jaar na Luther die reformasie in Duitsland begin het, het Zwingli ’n petisie opgestel met die handtekeninge van 11 invloedryke kerkleiers van Switserland.  Read more >>

Fokusmoment: 1 Oktober 2017

Een van die belangrikste intellektuele bewegings van die 1500’s, wat die reformasie moontlik gemaak het, was die Renaissance.

En een van die belangrikste denkers van hierdie was Desiderius Erasmus.  Hy was ’n professor in Grieks en Hebreeus by die Universiteit van Oxford en sy gunsteling tydverdryf was om deur Europa te reis op soek na oorspronklike Griekse manuskripte van die Nuwe Testament.

In daardie tyd was teoloë afhanklik van die Vulgaat – die Latynse teks van die Bybel.  Daar was eenvoudig geen ander teks beskikbaar nie.  Daar was ook nie ’n volledige Griekse teks van die Nuwe Testament nie.  Hierdie manuskripte het verspreid gelê in kloosters regoor Europa en die Mediterreense streke – die vrug van die arbeid van priesters wat die tekste met die hand gekopieer het. Read more >>

Fokusmoment: 24 September 2017

Luther het sterk opinies gehad

oor teologie:  “Ek het nie al my teologie op een slag geleer nie.  Ek moes daaroor dink, oor en oor en oor – en my geestelike worsteling het my daarin gehelp, omdat mens niks leer sonder oefening nie.”

oor God:  “‘n Vaste Burg is onse God”

oor sy debat met Rome:  “Die tyd vir stilbly is verby.  Die tyd om te praat het aangebreek”.

oor Christelike vryheid:  “‘n Christen is volkome ‘n heerser oor alles – ondergeskik aan niks of niemand nie.  ‘n Christen is ook volkome ‘n dienskneg van almal – ondergeskik aan alles en almal.”

oor prediking:  “Wanneer ek niks meer het om te sê nie, bly ek stil.”

(Sommige predikers kan maar die lessie by hom leer…)

 

Het jy al Flam se reformasielied gehoor? Read more >>

Fokusmoment: 17 September 2017

Wanneer ons Hervormingsdag vier, sal die meeste van ons ’n prentjie kry van Martin Luther, wat met sy swaaiende hamer sy 95-stellings teen die deur van die kerk vasspyker.  Dit is hoe die Reformasie begin het.  Dis hoe die Reformasie in elk geval in Duitsland begin het…

In Switserland is die reformasie begin deur ’n priester van Zürich, Ulrich Zwingli.  Dit het so begin:

Een aand het ’n hooggeplaaste sakeman van Zürich ’n paar mense na sy huis genooi vir ’n wors ete.  Dalk klink dit nie na die begin van ’n rewolusie nie, maar hierdie ete het Switserland se geskiedenis verander! Read more >>

Fokusmoment: 10 September 2017

Luther het nie baie tyd vir pretensie gehad nie.  Hy het graag met homself en met ander teoloë gespot.  Hy het een keer gesê:  “God het teoloë en prinse maar dom gemaak – net om almal daaraan te herinner dat net Hy wys en almagtig is.”

Dit was sy bewustheid van sy eie gebrokenheid wat hom nog stywer laat vashou het aan die genade van God.

Hy het God se hand orals gesien.  “Die Here het die beste gawes die mees alledaagse gemaak.  Een van die belangrikste gawes van lewende wesens is hulle oë.  Voëls het die kleinste oë, maar kan ’n vlieg oor die lengte van ’n vertrek sien. Read more >>

Fokusmoment: 3 September 2017

Die reformasie het vir Luther teen ’n hoë prys gekom.  Hy het nie die luukse van ’n ivoortoring gehad van waar hy sy teologie kon bedryf nie.  Aan die einde van sy lewe, in 1546, het hy baie vreugdes en baie hartseer beleef.  Baie van sy ou vriende het hul rug op hom gedraai.  Vir die grootste deel van sy lewe was hy as ’n krimineel beskou en moes hy vir sy lewe vlug.  Sy gestel het nooit regtig herstel van die asketiese lewe wat hy as priester geleef het nie.  Hy het gely aan depressie.  Hy het getwyfel en baie met God geworstel.  Read more >>

Fokusmoment: 27 Augustus 2017

Die reformasie het vir Luther teen ’n hoë prys gekom.  Hy het nie die luukse van ’n ivoortoring gehad van waar hy sy teologie kon bedryf nie.  Aan die einde van sy lewe, in 1546, het hy baie vreugdes en baie hartseer beleef.  Baie van sy ou vriende het hul rug op hom gedraai.  Vir die grootste deel van sy lewe was hy as ’n krimineel beskou en moes hy vir sy lewe vlug.  Sy gestel het nooit regtig herstel van die asketiese lewe wat hy as priester geleef het nie.  Hy het gely aan depressie.  Hy het getwyfel en baie met God geworstel.  Read more >>